‘n Uitverkore Volk
Manage episode 463950759 series 3072738
Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees
Stel jou voor jy kan die horlosie terugdraai en die vele foute wat jy, net soos ek, in jou lewe gemaak het, ongedaan maak. Wat sou jy verander? Wat sou jy anders doen ... as jy kon oor begin?
Die slegte nuus is dat ons nie die horlosie kan terugdraai nie. Ons kan nie ons foute uitvee nie. Ons kan nie daardie slegte besluite in goeies verander nie.
So, kom ons blaai die bladsy om na goeie nuus. Ons het vandag nog ‘n geleentheid. Daar lê nog 'n toekoms vir ons voor. Daar is ‘n werklike geleentheid om met die verlede te breek; om dinge anders te doen; om anders te reageer op dié dinge wat ons lelik laat optree het.
Maar verandering is moeilik. Ek is van nature ‘n baie selfgedissiplineerde individu, maar tog sukkel ek om my gebreke en my aangeleerde gedragspatrone op my eie te hanteer. Wat van jou? So hier is die goeie nuus:
Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
Die doel van God se plan om Jesus na hierdie aarde toe te stuur, was altyd om vir ons 'n nuwe lewe te gee. Dis iets wat ons nie op ons eie kan regkry nie; dit maak nie saak hoe gedissiplineerd ons is nie; dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie.
Dit is God self wat ons heilig maak; wat ons as een van sy uitverkorenes aanvaar.
En wanneer dit gebeur, wanneer ons ons vertroue in Jesus plaas, begin daardie nuwe lewe bietjie vir bietjie ontvou. ’n Nuwe lewe wat getuig van: barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.
Dis die nuwe lewe wat God vir jou het. Jesus.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1001 episodios