Geen Aanmekaargesittery Nie
Manage episode 461519972 series 3072738
2 Petrus 1:3-4 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.
Nuwe meubelstukke word deesdae dikwels in ‘n sogenaamde "platpak" verpak. Maar kan ek jou ‘n geheim vertel? As jy so meganies onbekwaam soos ek is, is dit is 'n nagmerrie.
My studeertafel, ja, jy’t reg geraai, dis in drie platpakke afgelewer. Dit is meer van 'n muureenheid. Dit het 'n hoë rugkant, hangkaste, 'n drywende tafelblad en 'n laai-eenheid wat alles aanmekaargesit en dan aan die muur vasgeheg moet word, anders kan die hele ding omval en iemand se dood veroorsaak!
Gelukkig het Harry, die nutsman, tot my redding gekom. Sonder hom sou die hele ding nog net in drie platpakke op die vloer gelê het...
Net só voel baie mense oor die vooruitsig om hul lewens aan God toe te wy. Hulle voel totaal onbekwaam om die lewe te leef wat nou van hulle verwag word. Ja, hulle voel sekerlik net soos wat ek oor daardie platpakke gevoel het … Maar hier is die goeie nuus:
2 Petrus 1:3-4 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.
Sien Jy? Jy hoef nie hierdie nuwe lewe op jou eie saam te stel nie. Jy doen dit nie. Jesus het ons gekies en Hy gee ons sy heerlikheid en goedheid. Hy gee jou alles wat jy nodig het om nie aan die wêreld gelykvormig te word nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1448 episodios