Player FM - Internet Radio Done Right
Checked 1d ago
Agregado hace cuatro años
Contenido proporcionado por RSG. Todo el contenido del podcast, incluidos episodios, gráficos y descripciones de podcast, lo carga y proporciona directamente RSG o su socio de plataforma de podcast. Si cree que alguien está utilizando su trabajo protegido por derechos de autor sin su permiso, puede seguir el proceso descrito aquí https://es.player.fm/legal.
Player FM : aplicación de podcast
¡Desconecta con la aplicación Player FM !
¡Desconecta con la aplicación Player FM !
Podcasts que vale la pena escuchar
PATROCINADO
On August 20th, 1989, Lyle and Erik Menendez shot and killed their own parents. Until then, this Beverly Hills family had been a portrait of the American Dream. How did it go so wrong? To listen to all four episodes of 'The Menendez Brothers' right now and ad-free, go to IntoHistory.com . Subscribers enjoy uninterrupted listening, early releases, bonus content and more, only available at IntoHistory.com . If you or someone you know is in crisis, there is free help available at mhanational.org Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices…
Spektrum 12 Desember 2024
Manage episode 455137499 series 2801228
Contenido proporcionado por RSG. Todo el contenido del podcast, incluidos episodios, gráficos y descripciones de podcast, lo carga y proporciona directamente RSG o su socio de plataforma de podcast. Si cree que alguien está utilizando su trabajo protegido por derechos de autor sin su permiso, puede seguir el proceso descrito aquí https://es.player.fm/legal.
…
continue reading
2129 episodios
Manage episode 455137499 series 2801228
Contenido proporcionado por RSG. Todo el contenido del podcast, incluidos episodios, gráficos y descripciones de podcast, lo carga y proporciona directamente RSG o su socio de plataforma de podcast. Si cree que alguien está utilizando su trabajo protegido por derechos de autor sin su permiso, puede seguir el proceso descrito aquí https://es.player.fm/legal.
…
continue reading
2129 episodios
Todos los episodios
×Vandag is die sperdatum vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer. Die staking van Pepfar-befondsing kan die stryd teen MIV/Vigs in Suid-Afrika kelder. 'n Versoek om die sperdatum vir die oorskakeling van SASSA-kaarte te verleng.
Die Onderwys-lekgotla skop af aan die Gautengse Oos-Rand te midde van 'n verdoemende verslag oor leerders se gebrekkige leesvermoë. Die Pluimveebedryf waarsku dat 'n voëlgriep-uitbreking rampspoedige gevolge vir die sektor kan hê. 'n Veldtog van burgerlike organisasies vra die regering om hongersnood in Suid-Afrika tot 'n nasionale noodtoestand verklaar. Die polisie-diens se K9-eenheid het 'n tekort aan snuffelhonde. Leiers van die Rastafariër-gemeenskap nader die Mensregtekommissie oor die voortdurende stryd met owerhede, wat die kweek en gebruik van dagga betref.…
’n Geringe, maar kommerwekkende styging in verbruikersinflasie. Kan die ANC sy ondersteunersbasis in Kwazulu-Natal en Gauteng herbou? 'n Bekende in musiekkringe, Nota Baloyi, is in die Menseregtekommissie se visier ná neerhalende opmerkings oor witmense. Suid-Afrika bly buite stemming in 'n Verenigde Nasies-resolusie wat Rusland vir die oorlog in Oekraïne veroordeel. Spanning is aan die oplaai oor die regering se begroting wat maar net nie wil klop nie.…
Drie gewonde soldate keer terug na Suid-Afrika uit die Kongo. Die kwessie van regter John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienstekommissie is weer voor die hof. Johannesburg se metro spring rond om plek vir dooies te vind. Brande in dele van die Wynland-streek duur voort. 'n Toonaangewende hofsaak kan lei tot vryheid vir 'n ma wat haar lewensmaat vermoor het.…
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologieë besoek die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg. Die IVP betoog teen planne om die Ithala-bank te likwideer. Onderhandelings vorder goed om beseerde soldate uit die DRK te repatrieer. Ons praat oor Suid-Afrika se strafregstelsel, wat volgens baie landsburgers 'n oorblyfsel van Apartheid is, en nie die Grondwet weerspieël nie.…
Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers is bekendgemaak. Studente maak amok op verskeie kampusse. Die jongste oor die brande by Wellington.
Die ministers van finansies en die presidensie is in die sop oor uitlatings oor die kommissaris van die Inkomstediens. Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitees in Gauteng en KwaZulu-Natal met taakspanne vervang. Die ministers van Buitelandse Sake van die G20-groepering kom in Johannesburg byeen. Erge ontwrigende reën word in groot dele van die land verwag.…
Jong werkloses sê ekonomiese bestendigheid hang in die weegskaal weens die ernstige gebrek aan geleenthede in Suid-Afrika. Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Sakeliga se beskuldiging dat hy 'n "rasfonds" vir die landbousektor op die been gebring het, is vals. Die spertyd vir SASSA-begunstigdes om hulle kaarte te vervang, word verleng.…
Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.…
Vakbonde en politieke partye skets hulle verwagtinge vir die 2025-begroting wat Woensdag in die Parlement gelewer word. Die moord op ’n Moslem geestelike leier van Kaapstad word as 'n haatmisdaad bestempel. Die organisasie, My Vote Counts, wend hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof om die effektiwiteit van die politieke befondsingswetgewing te betwis.…
Inwoners van Johannesburg wend hulle tot sosiale media oor die stad se groeiende waterkrisis. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep pleit dat daar 'n sterker fokus geplaas word op selfdood onder tieners en jong kinders. Ons vind uit wat president Donald Trump se nuwe wetgewing rakende omkeertariewe vir Suid-Afrika sal beteken.…
Die oorskot van die 14 soldate wat in gevegte in die DRK gesterf het, word vandag by die Swartkops Lugmagbasis in Centurion aan familie oorhandig. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die toenemende spanning in die uMkonto-we-Sizwe-party. Daar is sprake van vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland. Ons hoor hoe klimaatsverandering die prys van sjokolade die hoogte laat inskiet.…
Ernstige vrae word gevra oor doeltreffendheid van advokaat Shamila Batoyi, die eerste vrou wat aangestel is as die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. 'n Politieke ontleder praat oor die toekoms van die Ditsobotla Munisipaliteit in Noordwes, wat volgens die ANC eerder ontbind moet word. Suid-Afrika maak hom gereed om die liggame van weermagsoldate te ontvang, wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het. Wat Donald Trump se strategie met sy uitlatings?…
'n Debat oor wie presies die "Afrikaner" is wat nou in Amerika vlugtelingstatus kan kry, oorheers sosialemediagesprekke. Vrystaatse boere gryp op eie onkoste in om paaie in die provinsie te herstel. Verskeie politieke partye vra dat die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, uit die amp verwyder word.…
Die MK-party gaan 'n klag van hoogverraad teen Afriforum indien. 'n Oproep tot kalmte, te midde van 'n heksejag na die oorsprong van president Trump se asiel-opdrag. Amerika stel 'n 25%-invoertarief in op staal en aluminium.
Ons praat met 'n ekonoom, 'n landboukenner en 'n politieke ontleder oor die staatsrede. ArcelorMittal Suid-Afrika het die sluiting van sy aanlegte in Newcastle en Vereeniging met 'n maand uitgestel. Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, verskyn weer in die handelsmisdaadhof.…
Die ANC en die DA bereik 'n kompromie oor die voortbestaan van private mediese fondse onder die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. OUTA hoop die president sal innoverende planne om georganiseerde misdaad en korrupsie te pak, in sy staatsrede aankondig. Die nasionale minimumloon word verhoog.
Die DA verduidelik wat hy van môre se staatsrede verwag. Ons praat ook met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die staatsrede. Die Rea Vaya-busdiens bly tot verdere kennisgewing opgeskort.
Die miljardêr versekeringsmagnaat en eiendomsontwikkelaar, Douw Steyn, sterf. China stel vergeldende tariewe in teen die VSA. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.
Die Amerikaanse president dreig met stappe oor Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid. Ons praat hieroor, en die gevolge van die VSA se invoerheffings op Kanada en Mexiko, met 'n ekonoom en ‘n politieke ontleder. Die jongste oor die situasie in die DRK. 'n Weervoorspeller gee die reënvooruitsigte vir die res van die seisoen.…
Malaria breek uit in Limpopo. President Trump waarsku dat hy 'n 100% invoertarief sal instel indien BRICS sy eie geldeenheid skep. Kommer oor landbou in droogtegeteisterde gebiede.
Die MK-Party in Kwazulu-Natal staan bankvas agter die voormalige president, Jacob Zuma, se dogter wat vandag in die landdroshof in Durban verskyn. Die Johannesburg Metro sê hy het 'n plan om vroue en kinders wat in die middestad bedel, te help. Die voormalige Minister van Verdediging en Internasionale Betrekkinge, Lindiwe Sisulu, veroordeel die onlangse aanvalle op Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate in die DRK. 'n Ekonoom praat oor Suid-Afrikaanse huishoudings se finansiële veerkragtighheid.…
Die Regering van Nasionale Eenheid se tweedaagse kabinetslekgotla begin vandag. Belanghebbendes in die onderwys vra dat die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder administrasie geplaas word. Meer oor die ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse regering en die Gesondheidstigting om 'n sorgfonds op die been te bring.…
Eskom wil strenger beheer afdwing op sonkragstelsels wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is. Die ANC en die VF Plus stem ten gunste van 'n wantrouemosie teen die DA-burgemeester van Swellendam, Francois du Randt. Gautengers kla al hoe meer oor die vlieëplaag in die provinsie - ons praat met 'n entomoloog van die Landbou Navorsingsraad. Die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die armoedetoelaag wat tydens die Covid-pandemie ingestel is, voortgesit moet word. Meer as duisend onwettige immigrante is die afgelope twee dae in die VSA in hegtenis geneem.…
Die MK Party voer aan die SAUK kies kant wanneer die uitsaaier na die Regering van Nasionale Eenheid verwys. Ons bring jou die jongste uit daardie hofsaak. Gemoedere loop steeds hoog oor die nuwe Grondonteieningswetm met spanning wat toeneem binne die Regering van Nasionale Eenheid. Die familie van een van die nege Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo sterf, praat oor sy passie vir sy werk. SANPARKE beklemtoon weer hoe gevaarlik dit is as besoekers nie hulle reëls gehoorsaam nie.…
Wye reaksie op die nuwe onteieningswet wat deur President Cyril Ramaphosa bekragtig is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement reageer op die skietdood van 'n skoolhoof in Kraaifontein. Kollega Annamarie Jansen van Vuuren berig uit Los Angeles waar die jongste benoemings vir vanjaar se Oscars aangekondig is. Volgens die VN is sowat 2 000 kinders in Gasa wees gelaat sedert die oorlog tussen Israel en Hamas in Oktober 2023 uitgebreek het.…
Build One South Africa se petisie om die minimumslaagsyfer van 30% af te skaf, kry momentum. Ouers van leerlinge met spesiale behoeftes dreig met regstappe teen Gauteng se onderwysdepartement omdat hulle kinders nie in spesiale skole geplaas word nie. Meer oor 'n nuwe digitale stelsel om die gebruik van verbode middels in sport te identifiseer.…
Verbruikersinflasie styg vir 'n tweede agtereenvolgende maand, en is nou 3%. Die EFF open 'n strafregtelike klag teen die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur. Ons praat met die Minister van Korrektiewe Dienste oor die land se oorvol tronke. Het jy geweet die brilpikkewyn is hoogs bedreig?
President Trump maak talle beloftes tydens sy inhuldiging. Ons praat met 'n ekonoom oor sy uitlatings. 'n Klimatoloog reageer op die VSA se onttrekking aan die Parys Klimaatooreenkoms. Die EFF gaan die PA se Kenny Kunene by die Menseregtekommissie verkla oor sy opmerking dat onwettige myners geslag moet word.…
China se adjunkpresident woon Donald Trump se inhuldiging by nadat Xi Jinping sy uitnodiging van die hand gewys het. Daar was ‘n toename in die feesseisoen se padsterftes. Die gedrukte woord teenoor digitale media - maak seker jou kind gebruik steeds 'n woordeboek.
Bienvenido a Player FM!
Player FM está escaneando la web en busca de podcasts de alta calidad para que los disfrutes en este momento. Es la mejor aplicación de podcast y funciona en Android, iPhone y la web. Regístrate para sincronizar suscripciones a través de dispositivos.